Hierdie waterreservoirtenk was ‘n plesier om te installeer. Die kliënt het saam met ons gewerk om te verseker dat die terrein voldoende voorberei is vir ons voor die oprigting plaasgevind het. Hierdie oprigting het in September 2019 in Barberton, Mpumalanga plaasgevind. Hier het ons ‘n staal water reservoir van 16.7m x 2.5m met ‘n skadunet geïnstalleer wat vir besproeiingsdoeleindes gebruik word. Hierdie dam hou 549 000 liter water.