Toe COVID-19 tot ‘n pandemie verklaar is, is verskeie veldtogte bekendgestel met die doel om die algemene populasie in kennis te stel van die belangrikheid van handewas as die eerste lyn van verdediging om die verspreiding van die virus te bekamp, tesame met stap-vir-stap-instruksies wat wys hoe dit effektief te doen. Die veldtogte het wel ‘n goeie bedoeling, maar dit is nie so eenvoudig vir diegene wat in landelike gebiede woon wat nie voortdurend maklike toegang tot skoon, lopende water het nie. Daarmee saam is daar probleme met die maklike toegang tot seep, ontsmettingsmiddels, en gesigmaskers. In menslike nedersettings is sosiale distansiëring ook moeiliker as in voorstedelike gebiede.
Aan die einde van April 2020 het minister Lindiwe Sisulu van die Departement Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie aangekondig dat die departement byna 17 000 water opgaartenks en meer as 1 200 watertenkwaens regoor die land gelewer het. Die proses het egter nie vlot verloop nie, aangesien hierdie watertenkwaens deur misdadigers geteiken word terwyl hulle op pad is om water aan landelike gebiede te lewer, en volgens die EWN was die regering nie konsekwent om hul belofte tydens die krisis na te kom nie.
Watertekorte in Suid-Afrika is nie ‘n nuwe probleem nie, maar die COVID-19-krisis het die behoefte aan toegang tot skoon water aansienlik verhoog, en dit het die stryd uitgelig wat baie Suid-Afrikaanse burgers daagliks ondervind. In sommige gevalle het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie betrokke geraak om die bal aan die laat rol kry wat watervoorsiening betref, maar selfs dit het nie bevredigende resultate opgelewer het nie.
Alhoewel korttermynoplossings (soos watertenkwaens en handewasstasies in hoë verkeersareas) nuttig is tydens die krisis, kan langtermynoplossings meer koste-effektief wees. Volgens die Internationale Instituut van Waterbestuur, is watertenkwaens een van die duurste wateroplossings wat daar is, en hoewel dit in die korttermyn nuttig is, is dit nie ‘n lewensvatbare oplossing in die langtermyn nie.
Te midde van hierdie uitdagings, moet toegang vir die gemeenskap tot waterreservoirs en boorgate beslis oorweeg word. Ons as Staalboer Aqua weet dat water damme en water opgaartenks ‘n goedkoop langtermynoplossing is en dat dit nie konstant onderhoud nodig het nie. Staal water damme en water opgaartenks is nie net ‘n oplossing vir die probleme rondom COVID-19 nie, maar ook vir toegang tot water in die algemeen.
Besoek https://sacoronavirus.co.za vir amptelike inligting oor COVID-19 vanaf die Departement van Gesondheid.
Verwysings:
https://ewn.co.za/2020/04/09/covid-19-water-scarcity-access-still-major-issue-in-rural-sa
http://www.702.co.za/articles/378325/government-working-to-resolve-hammanskraal-water-shortages