WIE ONS IS
OOR ONS
Staalboer is ‘n trots Suid-Afrikaanse staal vervaardigingsmaatskappy in Pretoria, Gauteng. Ons is ‘n familie besigheid wat in 2003 gestig is deur Jan Andries Smith Snr. Ons vervaardig staalpaneel damme, tenkstaanders, sowel as wagtorings. Die onderneming het sedert 2003 gegroei en lewer tans dienste aan kliënte in verskeie lande soos Zimbabwe, Lesotho, Zambië, Botswana, Namibië, Eswatini (Swaziland), Uganda en Sri Lanka. Staalboer het al ongeveer 3600 projekte voltooi regoor Afrika, asook wêreldwyd.
Jan-Andries Smith Jnr is die huidige besturende direkteur van Staalboer Aqua, ‘n onderafdeling van Staalboer wat fokus op die vervaardiging van staalpaneel damme.
Terwyl ons ‘n wye verskeidenheid standaard produkte bied, is ons trots op ons buigsaamheid wanneer kliënte ‘n unieke oplossing vir hul probleem benodig. Ons is altyd reg vir ‘n uitdaging en geniet dit om buitengewone projekte aan te pak sonder dat dit die kwaliteit van ons werk beïnvloed. Ons kan ook moeilike omstandighede op die terrein bestuur.
Ons is altyd bereid om te erken dat ons net mense is, maar ons is trots op wat ons doen en hoe ons dit doen, en ons hou nooit op om ons beste te gee nie.
Ons visie is om ons kliënte te verskaf met eenvoudige en effektiewe oplossings wat aan hul individuele behoeftes voldoen.
- Jan Andries Smith, Direkteur Tweet
‘N paar van ons kliënte
Kontak besonderhede
Ons kundige spanne is beskikbaar om Staalboer produkte landswyd, so wel as internasionaal, op te rig. Ons is ook geregistreerde uitvoerders en ons produkte is ingenieurs-gesertifiseer.
+27 [0]83 226 8580
+27 [0]12 010 0095
Plot 798 Hoefyster Singel, Kameeldrift Oos, Pretoria, 0035
Werksure
Ons werk 5 dae per week en sommige groot vakansiedae. Kontak ons gerus gedurende ons werksure vir meer inligting oor Staalboer produkte.
Maandag To Vrydag : 8 vm – 5 nm
Saterdag : Gesluit
Sondag : Gesluit
© ALLE REGTE VOORBEHOU 2024. WEBWERF DEUR JUPITER DIGITAL. HOSTING DEUR host expert