Bosveld Laerskool
Hierdie reservoir is op 8 Julie 2020 by Bosveld Laerskool in Lephalale, Limpopo Provinsie, opgerig. Die omstandighede rondom hierdie spesifieke reservoir was taamlik sensitief omdat dit plaasgevind het gedurende die Grendeltydperk se Vlak 3, soos geïmplementeer deur die regering. Die skole het ook pas vir leerders heropen, wat voetverkeer by die skool drasties vermeerder het. Ons hoof prioriteit was dus om die blootstelling van ons installasie-span te beperk, asook dié van ander lede van die publiek wat in die omgewing. Dit was dus ‘n tyd-sensitiewe oprigting vir ons span.